Ons Visie:

Kom tuis by God - Raak tuis by Sy mense...

Ons glo niemand kan gelukkig wees as hy nie eers 'tuis gekom het' (vrede gemaak het) met God nie.
As dit gebeur het, is die volgende logiese stap om 'tuis te raak' tussen ander mense wat God dien en om so deel van God se sigbare familie op aarde te word.
So word die mens se grootste hartsbegeerte bevredig nl om liefde te ontvang en liefde te gee...
Jesus het dit so beskryf: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand ...en...jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Mat 22:37-39)

Erediens op Sondae:

Gereelde Kerkdienste word Sondae gehou vir almal wat 'n behoefte het aan inspirasie uit die Bybel. (Word geinspireer sodat jy ander kan inspireer!)
KomTuis glo die uur wat iemand op 'n Sondag in die Kerk deurbring, behoort vir hom die mees betekenisvolste uur van die week te wees…
Daarom lê ons veral klem op 2 belangrike aspekte in ons gemeente nl passievolle Woordverkondiging en die bou van intieme interpesoonlike verhoudinge.

Kinderkerk:

Ons kinders se geluk en geestelike welsyn is ook vir ons van groot belang. Dus word daar vir hulle gelyklopend met die oggenddiens, Kinderkerk aangebied uit 'n hoogstaaande Bybelgefundeerde kurrikulum. Die Kinderkerk hoof, Kotie Joubert, het baiejare ondervinding om met kinders te werk en kinders geniet haar gekonsentreerde en persoonlike aandag.

Lofprysing Sang en Aanbidding:

Ons is op aarde geplaas om ons God te loof en te aanbid. Dit moet 'n belangrike deel uitmaak van ons daaglikse bestaan. In die erediens gebruik ons moderne Gospel musiek om God se naam groot te maak.

Finansies:

Ons vertrou God om in ons gemeente se behoeftes te voorsien. Geen fondse word by mense se huise gekollekteer nie. Enige een wat iets vir die Here se Koningkryk wil bydrae, gooi sy bydrae Sondae in die liefdegawe sakkie of doen 'n elektroniese inbetaling in die gemeente se bankrekening.

Bankbesonderhede: KomTuis rekening nommer: 62341039685 Takkode: 200919 (FNB)